
Exhibition Statement – English
Toor|Bos is an encounter between words and woods, where language and
landscape echo one another. This multimedia project weaves together painting,
poetry, music, and technology to create an experience that is at once enchanting
and unsettling. Visitors are invited into a world that shifts between the fairy-tale
and the ominous, the familiar and the uncanny.
Jaco van Schalkwyk’s monochromatic woodland scenes fracture realism through
the use of mirrored images. Like Rorschach inkblots, his paintings transform
recognisable landscapes into strange configurations that invite the viewer to
search for meaning in shifting patterns. In both painting and virtual reality (VR),
these mirrored images create a sense of otherworldliness, where reflection and
repetition destabilise reality and open a threshold to the imagination.
The act of reuse – of reworking what already exists – runs through the project.
Just as Van Schalkwyk’s images are mirrored, doubled, and reimagined in VR,
Willem Boshoff’s work, WORD WOES, engages in a recycling of language. His
dictionary of 290 words – spelled the same in English and Afrikaans, but with
different meanings in each language – reveals the instability of words and the
endless possibilities of interpretation. As the philosopher Mikhail Bakhtin reminds
us, no word is ever neutral: every utterance carries the weight of past contexts,
voices, and intentions.
In Toor|Bos, Boshoff’s words are given new life in both Herman Myburgh’s VR
environment and in a paper installation. Similarly, poets Bibi Slippers and Quaz
Roodt respond to Van Schalkwyk’s imagery with verses that resonate with the
artworks while also translating them into another language altogether. Composer
Jaco Meyer draws from both the poems and the paintings to create layered
soundscapes, blending recitations with music and ambient textures that envelop
the visitor inside the VR realm.
These interwoven voices – visual, verbal, musical, and technological – form a
polyphony. Originally a musical term for multiple independent melodies sounding
together, polyphony here describes the coexistence of diverse artistic
expressions and the many prior associations that echo through them. In
Toor|Bos, no voice stands alone: each word, image, and sound reverberates with
others, generating a dense chorus of meanings.
Like the inkblot test that inspires Van Schalkwyk’s imagery, Toor|Bos ultimately
depends on the viewer’s own reading. Each visitor encounters a unique
constellation of reflections, repetitions, and resonances. The project becomes not
only a collaboration between its artists but also an open invitation to the
audience to enter the woods of words – and find their own paths through them.
Exhibition Statement – Afrikaans
Toor|Bos is ‘n spel met woorde en woude, voortspruitend uit talle kreatiewe velde. Dit is ‘n multimedia ervaring wat visuele kuns, musiek, poësie en tegnologie integreer en kan tersylfdertyd sprokie-agtig en onheilspellend voorkom. Jaco van Schalkwyk se innemende monochromatiese tonele van woudagtige landskappe ontwrig realisme deur die gebruik van spieëlbeelde. Dié skilderye herinner aan Rorschach-inkvlekpatrone wat die aanskouer nooi om beelde en betekenis te lees in wat oorspronklik ‘n herkenbare landskap was.
Die gevolg is ‘n gevoel van anderwêreldsheid wat die realiteit ontwrig. Dit verwys na verandering, herwerking en hergebruik van reeds-bestaande beelde of idees. Buiten vir die hergebruik van ‘n beeld om ‘n bypassende spieëlbeeld te skep, is Van Schalkwyk se beelde ook opnuut toegepas om die virtuele realiteit (VR) ervaring te skep. Die VR-ervaring versterk die gevoel van weerspieëling en herhaling en die besoeker kry die geleentheid om self te speel met verskillende spieëlbeeld opsies.
Die hergebruik van beelde om iets nuuts te skep stem ooreen met die manier waarop woorde herhaaldelik ‘hergebruik’ word en uiteindelik ‘n taal verander. Willem Boshoff se woordspel in WORD WOES is beduidend van die herwinbaarheid van woorde. Boshoff kombineer sy fassinasie met woorde en taal met ‘n skerpsinnige bewustheid van, en belangstelling in die natuurlike wêreld. WORD WOES kan beskou word as ‘n klein woordeboek wat bestaan uit 290 woorde van dieselfde spelling in Engels en Afrikaans, maar elk met ‘n verskillende betekenis.
Volgens die Russiese filosoof, Mikhail Bakhtin, bestaan daar geen neutrale woorde nie, aangesien enige taal (ook visueel) deur intensies en aksente oorheers word. Elke woord of beeld is die draer van oneindige lae betekenisse, elk afkomstig van die onderskeie kontekste waarin dit al ʼn sosiaal gelade ‘lewe’ geleef het.
Die woorde in WORD WOES het elk ‘n geskiedenis en bestaan in verskeie mense se gesprekke, kontekste en intensies. In die VR-ervaring, geskep deur Herman Myburgh, asook in die papier-installasie, word die WORD WOES-woorde nogmals hergebruik. Soos wat Boshoff se woorde op verskeie maniere ‘herwin’ word in die projek, so gebruik Bibi Slippers en Quaz Roodt die werke van Van Schalkwyk om iets nuuts te skep. Terwyl hul digkuns resoneer met die kunswerke, weerklink dit ook elemente daarvan in ‘n ander ‘taal’.
Op ‘n soortgelyke wyse is Jaco Meyer se komposisies gebasseer op die kunswerke asook die gedigte, en gaan te werk om sekere konsepte te verhelder. Dit kombineer byvoorbeeld voorlesings deur die digters met bykomende klanke wat die besoeker omvou in die VR-ervaring. ‘n Veelvuldigheid van stemme weerklink in Toor|Bos, nie alleenlik as gevolg van die wisselwerking tussen projeklede nie, maar ook as gevolg van vorige assosiasies wat al aan die tekste en tekens geheg is. Bakhtin beskryf dit as ‘n polifonie van stemme, hoorbaar in elke woord en beeld. Die idee van polifonie is ʼn oorspronklike musikale verwysing na verskillende akkoorde wat terselfdertyd gehoor kan word. Polifonie is ‘n gepaste konsep om die volle omvang van Toor|Bos te verstaan, waarin talle woorde, beelde en stemme terselfdertyd afspeel. Soos die invlektoets, is elke persoon se interaksie en interpretasie van die beeld, teks en ervaring uniek.